Wen ‘n Sonkragstelsel
ter waarde van R192 000

Die kompetisie het gesluit. Baie dankie vir almal wat deelgeneem het.
Baie geluk aan Pauline Schoombee! Sy het die Hawk Solar sonkragstelsel ter waarde van R192 000 gewen

So lyk jou kompetisieprys
– Baie meer as ’n intree-vlak sonkragstelsel …
– Jou energievryheid begin hier!
Daar is verskeie stelsels wat jou kan help om deur beurtkrag te kom, maar wanneer jy later ‘n stelsel wil implementeer om jou regtig meer onafhanklik van die netwerk te maak, is jy gewoonlik daartoe gedoem om jou beurtkragstelsel met iets beter te vervang en weer van vooraf geld uit te haal. Die Hawk sonkraginstallasie sal jou egter nie net gemaklik deur beurtkrag neem nie, maar die waarde daarvan is veel groter, want dit vorm die basis vir ‘n volledige energie-onafhanklike stelsel, wat jy met tyd modulêr kan uitbrei tot so groot as wat jou finale behoefte mag wees. Die kompetisiestelsel bestaan uit hoë kwaliteit SMA en BYD komponente en het die volgende vermoë:
- 1,45 kW piek energieproduksie, wat gemiddeld sowat 8 kWh se elektrisiteit per dag kan opwek – dus 240 kWh (eenhede) per maand.
- Batterye met ‘n stoorkapasiteit van 5,12 kWh.
Vir ‘n bietjie perspektief op die stelselgrootte: Die gemiddelde Suid-Afrikaanse huishouding gebruik sowat 600 eenhede elektrisiteit per maand. Hierdie sonkragstelsel kan 240 kWh (eenhede) per maand lewer. Deur ‘n bietjie ekstra te spandeer en ‘n addisionele vyf sonpanele en twee batterye vir die stelsel by te las, sou die stelsel se vermoë reeds verdubbel kon word. In samehang met die aanpassing van verbruikspatrone, sou dit baie huishoudings in staat kan stel om selfs heeltemal sonder die netwerk klaar te kom.

Belangrikste stelselkomponente

Installasie
Die installering van jou kompetisiestelsel sal deur HAWK Solar & Construction, ‘n SAPVIA PVGreenkaart maatskappy, enige plek in die land gedoen word en sluit die uitreik van ‘n Elektriese Sertifikaat van Voldoening vir jou stelsel in. HAWK het 25 jaar ondervinding in die industrie en beperk hulle tot die installering van kwaliteit stelsels (van huise tot groot industriële installasies).
Navrae oor die kompetisie of die sonkragstelsel kan gerig word aan navrae@kragdag.co.za
